Eendjies stap in ʼn ry
Die voëltjies vlieg
laag vandag …
“Snaaks?
Hoekom? Wat weet hulle wat ek nie van hier onder kan sien nie?” dink Gamtosie
terwyl sy heen en weer heerlik oor die water dryf.
“Narus!"
roep sy vir haar ou vriendjie.
Narus
vlieg laer en met ʼn gefladder soos net mossies kan doen en kom land hy op die
ou stok wat in die water dryf. ”Hallo Gamtosie! Hoe gaan dit met jou?”
“Nee
lekker man, ek hoef tog nie heen en weer te vlieg en kos soek soos julle dom
outjies nie!”
“Ag
man hou jou bekkie! As ek sulke webbe tussen my tone gehad het sou ek my dood
geskaam het!”
“Ag
issie man, jy is net jaloers! Het jy al vir oom Sygnus Swaan gesien? Hy is tog
die mooiste dier op aarde en kyk hoe lyk sy voete!”
“Gamtosie,
julle eendjies dink mos julle is beter as ons,” en hy klap sy vlerkies en styg
op, maak ʼn wilde draai en reg oor Gamtosie toe doen hy dit … maatjies moenie
vir mamma vertel nie want dis vreeslik wat hy doen, hy het ge-tjorts!
“Sies
man!” Gamtosie duik diep in die water om haar gesiggie tog net weer skoon te
kry.
“Niemand
hou van my nie, Narus tjorts op my, die swaeltjies vlieg te hoog en ou Korfu
die witborskraai sal my opeet as hy net ʼn kans kry,” sy sug moedeloos, “waar
sal ek tog ook ʼn maatjie kry …?”
Sy
skop en roei stadig heen en weer en ... skielik is daar ʼn harde slag!
Sy
mond is wyd oop, en hy swem na haar toe. Daar is net tande waar jy kyk! Dis ou
Dylus die Nylkrokodil!
Hy
is mos mal oor baba eendjies. Gamtosie roei en roei maar sy hoor die lawaai kom
al nader aan haar. Die traantjies spat uit haar ogies, sy weet dis alles oor en
verby …
Skielik is dit stil,
dit is doodstil, geen branders, niks nie. Sy kyk bang om en julle sal my nou
nie glo nie, daar dryf ou Dylus in die rivier af, sy lelike mond nou styf toe
en sy groot geel oë knip verskrik!
Maatjies
weet julle wat het gebeur? Daar is honderde om hom, hulle kwetter en raas en
lawaai en Dylus moet net keer vir al wat hy werd is!
Weet
julle wat doen hulle elke keer as die leier skree? Raai net?
Narus
vlieg in sulke groot sirkels en elke keer as hy omdraai skree hy, “Tjorts!
Tjorts!"
Opmerkings
Plaas 'n opmerking