En drie maal kraai die haan
“Kookerokooo!! ” weergalm dit van die dak af.
Roland
skrik helder wakker, “Agg neee!”
Die
ewige Stukka het hom al weer voor gespring. Wat gaan al die ander en veral die
mooie Fiona van dit dink? Die haan wat eerste kraai bly maar die ou wat sy
gewig rond gooi en Stukka is nou net te erg.
Die
ander kyk op en Fiona skrop al heerlik met haar drie kuikens om haar, al is dit
nog amper pikdonker. Ou Marra skud sy horings, “Mêêê!”
Al
wat nog vas aan die slaap is, is ou Bontrok. Sy is mos iedergeval te lui en
enigiets te doen. Oom Madefu sal seker nou-nou kom met die dag se voer. Wollie
blêr, “Waar bly die oom? Ek is nou bleddie honger!”
“Ek
weet nie my vrou," antwoord Marra.
Stukka
kom snawel orent en windlawaai by die staldeur in geloop. Hy krap paar keer op
die grond en gee vir Roland ʼn lelike kyk, “Ja ou Roland, jy is weer vas aan die
slaap jong!”
Hy
kekkel verder, “Hoe lyk dit Fiona, kom ek en jy gaan skrop bietjie in die veld.
Die kuikens kan by Roland bly.”
“Reg
so, kom julle outjies,” roep sy die kuikens, “bly nou soet by oom Roland.”
Roland
kyk mismoedig na die stout kuikens, na die skape en die simpel ou Bontrok. Ai
toggie ... weer nog ʼn lang dag hier op die plaas net buite die dorp
Die dag gaan verby
maar iets is anders want Oom Madefu en Boela was net gou hier en toe dadelik weer
weg. Hy praat iets van, “hulle tel ons.”
Die
son sak, almal is in die stal. Roland neem hom voor om Stukka die keer te wen
en heel eerste môreoggend met die eerste lig te kraai. “Vannag gaan ek wakker
bly en met die heel eerste lig op die dak spring en kraai!”
Die
skape, Bontrok, Stukka en almal se ogies gaan toe en hulle slaap ... Roland
stap sag tot by die deur. “Ek gaan sommer nou op die dak vlieg en dan sal ek
Stukka ʼn ding of twee wys met die eerste lig!”
Net
toe hy by die deur kom, hoor hy mense praat. Hy dink bang, “Wat nou, is oom
Madefu en Boela dan terug?”
In
die deur staan ʼn seun en ʼn vet meisie. Sy huil, “Eina!”
Die
seun lyk so bang. Hy kyk af na Roland, “waar gaan ek kos kry?”
Roland
draf tot by Fiona se nes kyk af in dit en kyk om na die seun. Hy kloek saggies
…
“Eiers!
Ons het kos om te eet! Dit is ʼn wonderwerk!" en hy hou die meisie styf
vas. Sy huil bitterlik …
.
Roland
hardloop by die deur uit en vlieg tot op die dak. Dit is nog vroeg en hy maak
reg vir ʼn laang nag. Geen manier hoe Stukka weer die eerste keer gaan kraai
nie!
Skielik
gebeur dit, reg bo hom word alles helder verlig as ʼn reuse ster skyn! Hy hoor
iets, maar verbeel hom seker alweer, want dit klink amper soos ʼn mens babatjie
wat huil ... ?
Hy
skud sy vere reg, sy snawel wys boontoe na die pragtige ster, hy kloek paar
keer en toe gebeur dit, vir drie maal doen hy dit, die lieflikste, die heel
wonderlikste ooit …
“Kookerokooo ... Kookerokooo ...
Kookerokooo!! "
Opmerkings
Plaas 'n opmerking