Katonkie leer vlieg
“Ja! Ek dink
ook so, ʼn witkruisarend wat so oud soos jy is moet lankal kan vlieg en help kos
soek. Toe ek so oud soos jy was het ons al tot by Aasvoëlkop en terug gevlieg.
Ag nee man ...”
“Maar pappa
en mamma, kyk net hoe hoog is ons nes teen die krans, sê nou ek val teen
daardie vreeslike klippe?”
“Hoe ook al,
wees soet, ons moet gaan kos soek. Sit jou vlerke op jou kop as jy ou Griffa
die kransaasvoël sien, onthou hy vang baba arendjies ...”
Katonkie is moedeloos en dink,
“Ek is ook niks werd nie ...”
Net toe
gebeur dit! ʼn Donker skaduwee val op hom en hy skrik, “Dis seker Griffa!”
Hy kruip diep
in die nes in en hou sy koppie met sy vlerkies toe.
“Hallooo,
halloo!” hoor hy ʼn stem kwaak. Hy loer versigtig uit en wie is dit? ʼn Pragtige
spierwit swaan!
Die swaan kom
sit op die rand van die nes en Katonkie sit penorent, “Sjoe, maar jy is darem
pragtig, kyk net jou lang snawel en die velle tussen jou tone!”
“Aangename
kennis, my naam is Signus. Hoekom sit jy so alleen in jou nes?"
“Oom Signus,
my mamma en pappa het gaan kossies soek, maar ek is te bang om te vlieg nou
spot almal mos met my. Dis sleg oom!”
“Katonkie,
luister nou mooi hier. Toe ek ʼn baba was het elke liewe dier kom lag. Hulle het
my Ou Lelike Eendjie genoem, maar my oupa het elke dag gekom. Oupa het dat ek
my vlerkies oefen, hy het my gehelp swem en elke dag kom kyk. Ek het so hard
gewerk en vandag is ek die koning van Swaneland!”
“Sal oom my
help, asseblief oom?”
“Katonkie jy
kan ook en dis hoekom swane daar is, om ander ouens te help om hul heel beste
word. Kom klim nou op my rug en as ek sê ´spring!’ dan spring jy en probeer
vlieg. Ek sal heeltyd onder jou wees om jou te vang as jy sou sukkel. Kom
klim!”
Hulle styg op
en op en Kantonkie sien die pragtige vallei onder hulle.
“Reg!
Katonkie, spring!”
Later kom mamma en pappa terug
gevlieg met die aandkossies. “Waar is Katonkie? Waar is hy? Griffa het hom
gevang! Aggg Neeee!”
Pappa hou
haar styf vas en sy huil vreeslik want haar seuntjie is dood.
Hy vou sy
vlerke om haar ... toe ... daar is ʼn skaduwee, hulle kyk op ... hoog bo hulle
sweef ....
Die nuwe Kroonprins van die Arendeland ...
Opmerkings
Plaas 'n opmerking