Sak Sarel!
“Ai tog," sug ou oom Koos, “Hoe moet ek van dag daar kom?”
Buite
waai wind en dit is baie koud maar dit is pensioen Vrydag en daar is geen ander
manier nie.
Koos
haal sy ou dik jas uit, knoop dit styf om hom vas, neem sy getroue ou kierie.
“Mooi bly Kasper!”
Kasper
kyk op, gee sy gemmer stert paar lekke en kruip in hom self in.
Koos
strompel die paadjie af na die dorpie toe. Dit is bitter koud.
Hoog
bo alles is Sarel Son en Wouter Wind al weer aan die baklei, “Ek is tog sterker
as jy …!”
“Kyk
net net daai ou man daaronder, Sarel. Kom ons kyk wie kan sy jas die gouste van
hom af kry, toe man!”
“Reg
!” sê Sarel.
“Hou
my dop ek gaan sy hele jas van hom af waai. Gee my tien minute en dan kry jy
weer tien minute en dan kyk ons wen die keer?” antwoord Wouter.
Sarel
kruip agter die wolkie weg en kyk wat Wouter gaan aanvang. Wouter trek los en
hy waai storm sterk in die pad af!
Oom
Koos gryp na die lamppaal hou vas van vir wat dit werd is. Wouter stel sy
temperatuur nog tien grade laer en hy waai en waai!
Sarel
kyk van vêr agter die wolk … alles verander in hom, hy skaam hom dood oor die
slegte dinge wat hy gedoen het om diertjies dood te brand en waterdammetjies op
te droog ...
Wouter
gaan lê, “Kon dit keer nie gemaak nie, kom ou Sarel kry die ou se jas van hom
af!”
Dit
is doodstil, Sarel kom stadig agter die wolkie uit, saggies skyn hy op oom
Koos.
Oom
Koos trek sy jas uit, hy rek sy arms en lag van oor tot oor. Sarel hoor van vêr
oom Koos se sagte stem as hy op kyk, “Dankie Here vir die lieflike Son, wat U
nou vir my gegee het, dankie, dankie …”
Niks
was ooit weer dieselfde nie ... Maatjies, wees altyd goed vir ander …
Opmerkings
Plaas 'n opmerking